Oestyd 2015

Hier is wat Philip Jonker, ons eienaar en wynmaker, skryf oor vanjaar se oes:

“Laas winter was ordentlik koud wat die wingerd goed laat rus het. Die wingerdstokke het gelyktydig wakker geword in die lente, heelwat vroeër as die afgelope paar jare. Ons was dus gereed vir ‘n baie vroeë 2015 oesjaar en daar was sprake van tot meer as twee weke vroeër. Ons het dus kort na Nuwejaar gereed gestaan vir pars, wat uiteindelik toe 8 dae vroeër as 2014 was.

Veral die Pinot Noir het vinnig ingekom, terwyl die Chardonnay nog bietjie getalm het, soveel so dat ons heelwat dae afgelê het tydens die eerste twee weke se pars.

Die 2015 oesjaar lyk oor die algemeen na klein korreltjies en baie gesonde druiwe met mooi ontledings. Die kombinasie hiervan is genoeg om enige wynmaker te laat glo dat hierdie ‘n merkwaardige oesjaar gaan wees”.

harvest at weltevrede, the jonker family wine estate in Bonnievale, south africa

Posted in Cap Classique, Chardonnay, Harvest, Méthode Cap Classique, Parstyd, Seasons

Leave a Reply

Your email address will not be published.