Die Uitdagings van Oestyd 2014

Phillip Jonker skryf:

“2014 se seisoen staan uit as een met uitdagende weer tydens die rypwordingsfase.

“Daar was swaar reën in Januarie, geweldige hitte in Februarie en lang tydperke van hoë humiditeit en dou vroegoggend, maar ten spyte van dit alles vertoon die druiwe heel goed.

“Sover het ons nog net die Chardonnay en Pinot Noir vir die Cap Classique basiswyne geoes. Dit is ongehoord om die einde van Februarie te bereik en nog soveel ongeoesde wingerd te hê. Party ander jare bereik ons al die einde van parstyd teen hierdie datum.

“Só ‘n laat seisoen vra natuurlik ekstra geduld om nie te oes voor die druiwe fisiologies ryp is nie. Ek beplan om hierdie jaar uitsonderlike wyne met hoe intensiteit te maak, so daarom wag ons . . .”

Harvest at Weltevrede the Jonker Family Wine Estate, Bonnievale, South Africa

Posted in Cap Classique, Harvest, Parstyd Tagged with: , , , ,

Leave a Reply

Your email address will not be published.