2017: An Exceptional Harvest – ‘n Besonderse Oesjaar

Philip Jonker, Weltevrede owner and winemaker, writes about the 2017 harvest:

We initially suspected this would be a small harvest, since we expected smaller berries due to the dry season.
However, we’ve been able to have our cake and eat it, since the harvest turned out to be larger than last year’s and we got perfectly healthy grapes thanks to dry conditions.

2017 harvest at Weltevrede the Jonker Family Wine Estate

We’ll remember 2017 as the year when the grapes ripened especially easily and the resulting wines will be full-bodied. The reds have shown deep colour, with the Bedrock Black Syrah that showed pitch black colour during the fermentation already.

 

We also made a new Shiraz for our 1912 range, which will hopefully be ready for release late in

2018. This one of three new wines we made during the 2017 harvest season, but I can’t say too much about that yet!

 

Philip Jonker, eienaar en wynmaker van Weltevrede, skryf:

Ons het vooraf vermoed dat dit ‘n klein oes sou wees weens kleiner korrelgroottes, ‘n verwagte uitkoms na die droë seisoen.

Ons brood is egter aan albei kante gebotter hierdie jaar deurdat die oes groter as verlede jaar is en ons daarmee saam perfek gesonde druiwe gehad het danksy die droë kondisies.

Ons sal 2017 onthou as die jaar waarin die druiwe besonder maklik ryp geword het en die wyne gaan gevolglik vol styl wyne wees. Rooiwyne het diep kleur gewys, met veral die Bedrock Black Syrah wat al reeds tydens gisting pikswart kleur gehad het.

Ons het ook ‘n nuwe Shiraz vir die 1912-reeks gemaak wat hopelik later in 2018 gereed sal wees vir vrystelling. Dit is een van drie nuwe wyne wat tydens die 2017 parsseisoen gemaak is, maar ek mag nog nie die kat uit die sak uit laat nie. Meer hieroor later.

Posted in Harvest Tagged with:

Leave a Reply

Your email address will not be published.