2014 is ‘n draaibalbouler

Phillip Jonker skryf:

“Min dinge maak sin. Wingerdblokrekords en geskiedenis is van min waarde en ons moet oomblik vir oomblik op ons voete dink. Laat blokke raak vroeg ryp en vroeë blokke laat. Cabernet is voor Shiraz ryp en Chardonnay is nog nie eens halfpad gegis nie – en ons trek al by April.

Soos ek hier skryf hang nog net Shiraz en Cabernet in die wingerd, so meeste is dus onderdak en die geure lyk goed.

Ek is veral opgewonde oor die elegansie en mineraliteit van die Chardonnay en Pinot Noir basiswyne vir die Philip Jonker Brut Cap Classique.”

Phillip Jonker beskryf 2014 se parstyd as uitdagend, maar terselfde tyd opwindend.

Posted in Cap Classique, Harvest, Parstyd, Wines Tagged with: , , , ,

Leave a Reply

Your email address will not be published.